Leier van formaat
Dit was vir baie ‘n verrassing toe die DHL-Westelike Provinsie se afrigter, Allister Coetzee, verlede jaar vir Juan de Jongh as kaptein aangestel het vir hul Absa Curriebeker-veldtog.
Teen einde-Oktober het ondersteuners egter soos een man hul koppe in erkenning geknik. Coetzee het raak gevat.
De Jongh se ontwikkeling is ‘n trappie verder geneem met sy aanwysing as onderkaptein vir die DHL-Stormers se Vodacom Superrugby-veldtog. Dit was veral ‘n sleutel-aanstelling omdat Duane Vermeulen by tye gerus sou word.
Voorts werk dié leierskombinasie baie goed.
“Ek voel die kombinasie van my en Duane werk perfek in terme van ‘n balans handhaaf tussen dissipline en ‘n bietjie vryheid,” sê De Jongh.
“Duane is opreg, sê ‘n ding soos dit is en beklemtoon werketiek. Ek sal seker maak die ouens is ontspanne sonder dat hulle die dissipline prysgee. Dis nie ‘n goeie ding wanneer ‘n span gespanne is nie, want spelers sal in hul doppe kruip.
“Hopelik groei ek en Duane as kombinasie. Ons moet ook die leiers van die toekoms soos Nizaam Carr en Damian de Allende op die regte koers hou.”
De Jongh is op 27 nou die ‘ou man’ van die DHL-Stormers se agterlyn.
“Dit kom met groot verantwoordelikhede,” sê hy.
“Ek het in die verlede baie na ouens soos Jean de Villiers en Bryan Habana gekyk vir rigting. Hulle het diep spore getrap. Nou is dit my beurt om terug te ploeg en my kennis aan jonger spelers oor te dra.”
De Jongh beklemtoon die belangrikheid van ‘n “familiekultuur” in die span.
“Of dit nou goed of sleg gegaan het, het ons binne die sirkel op mekaar staatgemaak vir ondersteuning,” sê hy.
Dis straks daardie benadering wat daarvoor gesorg het dat onervare spelers vanjaar kon stempel afdruk.
“Met die afskop van die reeks het baie mense gedink die DHL-Stormers gaan nie onder die voorste spanne tel nie. Dit gaan egter redelik goed. Ons staan sterk in die Suid-Afrikaanse konferensie,” sê De Jongh.
“Daar is spelers in hul debuutjaar en ander in hul tweede seisoen van Super-rugby. Ons het goeie kombinasies en daar is ‘n paar senior manne wat die jonges kan help deurdruk.”
Behalwe daarvoor dat hy sy rol as leier goed vervul, lewer De Jongh óók uitstekende spel in die middelveld saam met Damian de Allende.
“Ons speel lekker saam en is boonop baie goeie vriende van die veld af. Dis belangrik om daardie kombinasie verder te ontwikkel,” sê De Jongh.
Etlike kenners meen hulle kan nog in groen en goue-truie saam speel.
De Allende se goeie balverspreiding en vermoë om die bal in kontak uit te gee kan die beste uit die vlugvoetige De Jongh haal.
Dis egter meer as net sy voetwerk waarvoor De Jongh geloof word. Hy gee nie ‘n tree terug op verdediging nie.
“Ons beklemtoon steeds die belangrikheid van verdediging en soos die res van die spelers put ek baie trots daaruit,” sê hy.
“Jy kan egter nooit tevrede wees met jou spelpeil nie. Dis belangrik dat ek aanhou skaaf aan elke aspek van my spel – óók aanval en my bydrae by die afbreekpunte.”
De Jongh het voor gedraf vir die DHL-Stormers toe hulle die Waratahs en Force in Australië geklop het. Dit het hul toer ‘n sukses gemaak nadat hulle in Nieu-Seeland teen die Highlanders en Hurricanes kleigetrap het.
Hulle het voor hul vertrek ook teen die Chiefs op DHL-Nuweland verloor.
“Ons het vasgeval teen die Nieu-Seelandse spanne. Dis egter nie asof ons swak was nie. Teen die Chiefs was ons tot voor die laaste halfuur eintlik baie goed,” sê De Jongh.
“Die Hurricanes het ons in die eerste helfte onder druk geplaas, maar ons was uitstekend in die tweede helfte. Dit het baie selfvertroue gevestig.”
Die DHL-Stormers het toe 17 onbeantwoorde punte aangeteken, maar hul agterstand van 3-25 met rustyd het beteken dat hulle met 20-25 verloor het.
Nietemin het die goeie tweede helfte in Wellington hulle met die selfvertroue toegerus om die Waratahs, Force en Bulle op agtereenvolgende naweke te klop.
Die nederlaag van 17-25 teen die Cheetahs in Bloemfontein was onverwags, maar dit het ook die weg gebaan vir die DHL-Stormers om hul karakter te wys deur die Brumbies die volgende week met 25-24 te verslaan.
Dít nadat hulle op ‘n kol met 3-16 agter was.
“Ek is trots op die span se karakter,” sê De Jongh.
“Ons het besef dat ongeag die teenstander, ons kan wen. Dis egter belangrik dat ons vir die volle 80 minute ons bes lewer.”
Amathemba eStormers neSpringboks aku Juan de Jongh
Ukuba ngokwenene iStormers zizakufika kwiplay-offs zokuphiswano lwe Super Rugby kulo nyaka, uJuan de Jongh uyakuba yenye yezizathu zalonto.
Ibinguye lo wakwa De Jongh othe wakhokhela iqela leWestern Province kulonyaka uphelileyo xa bephumelela indebe ye Currie Cup.
Sezibonakalisile uDe Jongh kulonyaka ukuba ongomnye wabadlali abagqamileyo phaya esuswini kwaye engoyena mdlali ongathatha indawo ka Jean de Villiers kwiqela lesizwe.
Ayingomdlalo ka De Jongh qha osematheni, nendlela athe wakhokhela ngayo iqela leStormers kulo nyaka ngexesha bebephesheya libanike ithuba lokuba zintshatsheli zekomfa yase mzantsi kwaye no kubethelela indawo yabo kwiplay-offs.
uDe Jongh uzanawo namava wokuba ngumdlali kwiqela lesizwe ngo2011 kwindebe yomhlaba eNew Zealand, yiyo lonto inguye imphendulo umqeqeshi wesizwe uHeyneke Meyer asikhangelayo ukuvala indawo ka Jean de Villiers owenzakeleyo.
Emva koba iStormers zothuse umzi kuleveki iphelileyo ngobethwa ziCheetahs eBloemfontein, kuzo funeka abadlali abafana noDe Jongh umkhokheli weStormers uDuane Vermeulen namagqala oSchalk Burger bazibonakalise futhi xa iqela labo lijongana neBrumbies eNewlands.
Onke amathemba eStormers ajonge kwabadlali abafana noDe Jongh, ingalilo necebo elihle ukuba neqela lesizwe lingathembela kuye kulo nyaka wendebe yomhlaba.
DHL Stormers Matchday Magazine